Tydens sy verskyning voor die Zondo-kommissie het pres. Cyril Ramaphosa gesê dat die opsystaan-besluit die “veiligste roete” is wat die ANC in die verband kon neem. “Lede wat wel opsy staan, sal daardeur die kans kry om hul naam skoon te kry. As dit gedoen is, sal die ANC-tugproses teen hulle volg”.

Adjunkhoofregter Zondo wou van Ramaphosa weet waarom die ANC so te werk gaan terwyl alle ander instansies dadelik tugstappe teen werknemers instel wat van misdaad aangekla word, en daarna die strafregproses, wat jarelank kan neem om afgehandel te word, toelaat om sy gang te gaan.

Hy het selfs voorgestel dat die ANC  sy opsystaan-besluit heroorweeg “omdat niemand daardie roete volge nie” (Beeld 30 April 2021, bls 2).  Regter Zondo het ook gesê Ramaphosa weet tog uit sy vakbond agtergrond hoe dit gedoen word.

(Nota: Die bewyslas in kriminele sake is ‘bo redelike twyfel’, in siviele sake ‘bo oorwig van waarskynlikheid’ en in die administratiewe reg is dit nog ligter).