BOELIE – DIE VERWOESTER VAN KINDERS SE LEWENS

Wanneer ‘n mens met jongmense werk dan word jy oorweldig deur die impak van ‘n probleem soos boelie op talle jong lewens. Die afgelope klompie jare het daar ook ‘n al groter verskuiwing plaasgevind vanaf fisiese boelie na boelie via sosiale media. Op ‘n gereelde basis is daar ook berigte in die media van jongmense wat hul eie lewens neem as gevolg van hierdie probleem. Die oogmerk met hierdie boek is dat dit as ‘n appél sal dien tot elkeen wat met kinders werk en wat ‘n passie het vir hulle pyn en seer. Die uitdaging is om fyn te kan luister en dan met wysheid en onderskeiding voorkomend betrokke te raak ten einde te verhoed dat jong lewens deur hierdie probleem verwoes raak.

Prys van boek: R120 (plus R99 posgeld via PostNet)

Kontak Wentzel Coetzer:  wentzelc@gmail.com of 018 294 7457